Vermaaklikheidskunstenaar uit die boonste rakke!

Kaalvoetklong help meisie

 

Marieke Snyman

 

Die lewe van ’n 11-jarige meisie van Laerskool Saamspan het twee maande gelede drasties verander toe sy uitvind sy het ’n breinstamgewas. Min het sy geweet dat dit die rede sal wees hoekom sy goeie vriende met Kaalvoetklong sou raak.

Bregitte van den Berg se ouers is gereelde besoekers by die Wild Horses-kroeg in Kameeldrift-Oos.  Dit is waar hulle vir Kaalvoetklong ontmoet het. “Bregitte se lewenslustigheid verbaas my, en terselftertyd maak dit my hartseer om te dink sy moet nou bestraling kry,” het Kaalvoetklong gesê.

Volgens me Hannelie van den Berg, Bregitte se ma, het die dokter eers gedink sy het dellsindroom omdat haar een ogie baie geswel was. “Toe ons uitvind dat dit ’n gewas is, het ons haar dadelik vir bestraling geneem om te keer dat dit verder groei.

“Kaalvoetklong het vir my gesê die laaste ding waaroor ek en my man ons moet bekommer, is hoe ons vir die bestraling gaan betaal,” het Me Van den Berg gesê. Kaalvoetklong het gesê dat hy geld insamel om te help.  “Ek tree ten minste twee keer ’n maand by die Wild Horses op en samel dan geld in wat ek in ’n rekening vir Bregitte betaal.

“My Kaalvoetklong-pet is baie spesiaal vir my en ek wou dit nooit weggee nie, maar toe Bregitte se hare van die bestraling begin uitval, het ek die pet vir haar gegee,” het hy gesê.

Kaalvoetklong en albei Bregitte se ouers het hul hare afgeskeer sodat sy kan weet sy is nie alleen nie.

Enigiemand wat graag 'n bydrae wil maak om Bregitte te help, kan gerus met die Kaalvoetklong in verbinding tree by 082 834 9276 of diekaalvoetklong@vodamail.co.za.

 

***************************

 

KAALVOETKLONG MAAK DVD OP DESPATCH

 

Met erkenning aan Heilie Combrinck - UD Nuus

 

DIE Kaalvoetklong het kitaar in die hand al die pad van Pretoria gereis om 'n DVD-opname by sy geliefde kuierplek op Despatch te doen.
  "Daar is vir my net twee plekke met 'n lekker gees waar ek myself kan wees en dit is by Windpomp in Pretoria of Tropicana op Despatch (die foto hierbo is van die Kaalvoetklong saam met die eienares van Tropicana, Esmé Gouws). My hart het vir my gesê ek moet "huistoe" kom en die opname hier doen," vertel sanger Peet van Rensburg, of beter bekend as Die Kaalvoetklong.
  Die DVD met die titel Die Kaalvoetklong live at Tropicana bevat twaalf van Peet se eie liedjies waarvan die gewildste sekerlik die snit Daar's 'n Ouma is! Hy het ook 'n paar van Blackie Swart se gewilde nommers hierby ingesluit.
  Peet vertel met 'n knop in sy keel dat hy nie  'n ouma gehad het nie tot vier jaar gelede.
  "Die dag toe ek ELSaBé Rademeyer se ouma  Martie (73) van Jeffreysbaai ontmoet, het ek geweet hier is my ouma wat ek nooit geken het nie.
  "Ouma Martie het 'n hart van goud en as 'n mens by haar is voel jy die warmte van 'n ouma se liefdevolle hart," sê Peet.
  Peet en sy span is ook Jeffreysbaai toe waar hulle opnames saam met ouma Martie gedoen het.  
  Buiten Peet se DVD het hy ook 'n ses-snit CD uitgegee met die titel Kaalvoetklong trap spore in jou hart. Dit is hierop wat 'n mens na sy gewilde ouma-liedjie kan luister. Vroeg aanstaande jaar gaan Peet sy eerste country CD uitgee. Sy ander CD's wat Dans met die Kaalvoetklong en Gebottelde Plesier.
  Peet het 'n paar jaar gelede na Pretoria verhuis en vertel dat hy binne die eerste vyf maande 'n slagoffer van vele misdade was. So is sy huis leeggesteel, bakkie afgeskryf, skootrekenaar met al sy musiek gesteel, selfoon gesteel en hy het ook twee beroertes oorleef!
  "Ek het gewonder of dit die moeite werd was om noord te gaan, maar ongelukkig is die werksgeleenthede daar en my hart hier," sê Peet.

 

Nuusargief

Ou nuus vertel 'n storie ...

Ou nuus bring herinneringe ...

Ou nuus is nie altyd 'n ou koei uit die sloot nie ...