Vermaaklikheidskunstenaar uit die boonste rakke!

 
DIE KAALVOETKLONG

 

Peet begin sy laerskoolloopbaan in 1969 by Laerskool Sonop op Despatch.  Sy sangloopbaan word gebore in standerd een, en hy verower ’n silwersertifikaat vir solosang by ’n kunswedstryd.  Daarvandaan het hy tot aan die einde van sy laerskoolloopbaan in die skoolkoor gesing en ook gereeld by koffiehuiskonserte opgetree.

 

In 1977 begin hy standerd ses in die Hoërskool Despatch waar hy as voorsanger in die koor optree tot en met die voltooiing van sy matriek.  Na matriek gaan hy weermag toe, 1982 tot 1983, waar hy kitaar speel en sing in die kompanie orkes.  Dit is ook tydens sy diensopleiding dat hy inspirasie begin kry om self te komponeer en liedjies te skryf.

 

Na sy diensopleiding het hy op heelwat troues die bruidspaar toegesing.

 

In Maart 1986 wen hy en sy sangmaat die duetafdeling in ’n kompetisie.

 

20 Junie 1998 pak Peet sy droom by die horings en sny sy eerste plaaslike laserskyf genaamd “Peet Sing Volume 1”, by RKBT Studio & Sound, ’n lokale ateljee in Port Elizabeth.  Hiervandaan het sy musiekloopbaan begin spoed optel.

 

Januarie 2000 besluit hy om musiek en sang sy voltydse loopbaan te maak.  Hy het al saam met ’n hele paar bekende kunstenaars getoer soos Blackie Swart, Clive Bruce, Jurie Els, Anton Goosen, Alvin Bruinders, ens.

 

Hy het al reeds ’n CD opgeneem by TPG Recording & Publishing met die naam  “Huldeblyk aan Worsie Visser” wat in die musiekwinkels beskikbaar is.

 

Hy is baie betrokke met promosiewerk vir Lewis Stores, Best Electric, Joshua Door en Russels.  Hy doen ook baie danse en konserte.

 

Hy het ook al by Hoezit Musiek in Kaapstad snitte opgeneem wat hulle op CD’s gebruik wat aan die winkels versprei word.  Hy is baie op die pad vir optredes en gee nie om om te toer om sy loopbaan te bevorder nie.

 

Sedert 1998 het Peet altesaam vier (4) CD’s vrygestel. In 1998, Peet Sing Volume 1, Huldeblyk aan Worsie Visser, Laat Waai Meraai, Dans met die Kaalvoetklong en die nuutste toevoeging Kaalvoetklong met Gebottelde Plesier.

 

Twee liedjies van die Laat Waai Meraai CD is op RSG se speellys.  Dit is “Trokdrywer” en “Want Dis Liefde”.  Radio Overvaal, BayFM, Radio Laeveld, Radio Rosestad en Radio Helderberg speel ook sy musiek. 

 

Middel 2004 word “Die Kaalvoetklong” gebore en vandaar was dit nog net langpad en wiele wat draai.  Hy besluit om sy geboortedorp Despatch te verruil vir Pretoria om meer sentraal te wees vir al sy optredes en meer tyd saam met sy familie te spandeer.

 

Die Kaalvoetklong spesialiseer in BIERTUINE/-TENTE omdat hy sy gehore betrek by sy optredes waar almal lag, saamsing, saamdans en lekker kan kuier.  (SO KLIEN GEHEIMPIE VAN DIE KAALVOETKLONG:  HY DRINK NIE ‘n DRUPPEL NIE.)

 

Peet het sopas sy eie platemaatskappy begin, VASBYT MUSIEK, wat die verspreiding van Die Kaalvoetklong se cd’s en musiek behartig. 

So volgende keer as

“Die Kaalvoetklong”

in jou dorp optree maak seker dat jy hom sien!!!!!!!

 

Dis nou ekke ...

Ek sing van kleintyd af aan ...

Ek skryf my eie liedjies ...

Ek is al sedert 2000 voltyds in die musiekbedryf ...

Ek het al vier CD's vrygestel ...

My liedjies speel wyd en syd op radiostasies ...

Ek het ook 'n DVD ...

En ook 'n musiekvideo oor 'n baie spesiale ouma ..